3 maande - grRR

Waar jou kind se toekoms begin

Halfdag:
06:45-14:00

Voldag:
06:45-17:30

Elke dag is ‘n opedag!

IMG_4231

Afrikaanse Christelike onderrig

weeklikse Bybeltyd saam met worship

IMG_4249

Gekwalifiseerde onderwysers

een-tot-een onderrig
deeglike kommunikasie
weekprogram
baie buitespel
middagprogram

20230315082316_IMG_6980

Ruim, veilige fasiliteite

veilige terrein om kinders af te laai en ‘n aparte babahuis.
IMG_0189

Omvattende omgee

geen meer kosblikke pak skoolfonds sluit etes in

Ons aktiwiteite en dienste

Previous slide
Next slide

Dienste

Aktiwiteite

Buitemuurs

Middagprogram

Brief van Die skoolhoof

My hart is dat elke kleuter wat kaalvoet met hulle sakkies op hulle rug deur Duifies Kleuterskool se hek stap, weet dat hulle net kan wees, dat hulle geliefd, veilig en spesiaal is. Hier moet hulle lag, laf wees, speel, vuil word en tussendeur leer in ‘n vriendelike en ontspanne atmosfeer! Ons ken elke kleuter se naam!

Duifies het topklasfasiliteite, uitsonderlike sekuriteit, gekwalifiseerde en liefdevolle onderwyseresse, opgeleide assistente, breedvoerige leerprogram, ruim goed toegeruste klaskamers, ‘n wonderlike speelterrein, groentetuin, terapeute en selfs ‘n haarkapper. Dit is hier waar die belangrikste eerste 1000 dae van jou kind se lewe en drome begin!

Kan nie wag dat julle deel word van ons familie nie!

Droom groot klein kind

--- Lette-Marie Barnard

Kind wees is 'n fees

0
Juffrouens
0
Kantoorpersoneel
0
Klaskamers
0
Assistente
0
Vierkant ‘n meter vir leer en speel.

Ons Juffrouens

Abby

Kindertjies se glimlagte maak my hart vol en ek is baie lief vir teken en verf.

Bianca

 Jy sal my nie sommer sonder groot oorbelle vang nie. My gunsteling kleur is pienk en ek het vir baie lank perd gery en skou gespring.

Dalé

Ek het ‘n passie vir  kindertjies. Dis  ‘n voorreg om my passie te kan uitleef en ‘n inpak te maak op elke liewe kindjie se lewe. My gesin en familie is vir my baie kosbaar en ek maak tyd om saam te kuier en pret te hê. 

Ena

Ek is ‘n groot natuurliefhebber en vind myself graag in die tuin. Ek is passievol oor die opvoeding van kinders. 

Jana

Ek het my lewe lank ‘n passie vir kinders. Ek is baie familievas en het onlangs vir die eerste keer ouma geword. Ek hou van kreatiwiteit, van hekel en naaldwerk tot by verjaarsdagkoeke bak.

Jo-Ann

Ek is ‘n juffrou met ‘n GROOT hart en groen vingers. My familie is my alles. 

Luche

My hart is gelukkig wanneer ek op die plaas is en ek my heel gunsteling blom is ‘n protea.  

Maryke

Ek is n entoesiastiese mens met n groot omgee hart vir kinders en mense. Ek is ‘n mamma van ‘n 3jarige seuntjie. Hy herinner my daaglikse waaroor die lewe regtig gaan.

Nicole

Ek het ‘n groot passie vir kinders en sien onderwys as my roeping. Ek is een van drie sussie. Wie weet, dalk het my sussies ‘n rol gespeel in die ontwikkeling van my roeping.

Wilma

Familie is vir my absoluut alles in die lewe. Ek is mal oor kosmaak en luister graag na klassieke musiek.

Testimony

3 maande - grR

Waar jou kind se toekoms begin

Inligting

© 2023 Duifies